Shockwave Player sal in die meeste gevalle nodig wees om animasies te kan vertoon. Dit kan kosteloos van die internet afgelaai word.
As animasies nie werk nie sal van die ander media-spelers waarskynlik nodig wes.
-
1. Handige inlgting oor ewolusie. (sien meer).
2. Sluit aan by ons vaknetwerk en kry toe-gang tot vraestelle en memorandums, akti-witeite, ens.
Selle is die kleinste strukturele en
funksionele eenheid van lewe. Hierdie animasie met sy klankbaan
verduidelik die konsep baie goed. Daar word ook onderskeid gemaak tussen
die cholorplaste en
mitochondrion.
[kliek...]
Goeie animasie vir hersiening.
Wanneer die merker oor die sel beweeg word die onderskeie organelle
duidelik geïdentifiseer.
[kliek...]
[kliek ...]
'n
Ingewikkelde animasie wat die struktuur en funksie van 'n selmembraan
illustreer.
[Kliek...]
'n Basiese interaktiewe animasie wat die verskil-lende stappe van mitose illustreer. Die volle weergawe van die animasie moet egter by die verskaffer aangekoop word. [Kliek ...]

'n Eenvoudige, maar goeie animasie om mitose aan leerders te verduidelik. [Kliek...]

Een van die beter animasies vir mitose sover. [Kliek ...]
Osmose is die
beweging van watermolekules vanaf 'n hoë waterpotensiaal na 'n lae
waterpotensiaal deur 'n selektief deurlaatbare membraan. Die konsep
word in hierdie animasie gesien.
(Kliek...]
Baie goeie animasie met teks gedeelte
waarin beide diffusie en osmose vertoon word. Konsepte soos hipotonies en
hipertonies word visueel uitgebeeld. Regtig goed !!!
[Kliek...]
Skitterende animasie met klankbaan om die
proses van fotosintese te illustreer. Die moeite werd om vir leerders te
wys. Miskien effens moeilik vir Graad 10's. Tog goed vir die sterker leerders om
te bestudeer.
[Kliek...]
'n Interaktiewe
animasie van fotosintese. Die uitwerking van lig op die vermoë van plante om
te fotosinteer word geïllustreer.
[Kliek...]
'n Grafiese
illustrasie van al die fases in die selres-pirasieproses. Dit gee 'n goeie
oorsig en daar kan gesien word wat met die produkte van elke fase gebeur.
[Kliek...]
Dié animasies is
geskik om die asemhalingsproses mee te illustreer. Die werking van die
diafragma word duidelik vertoon.
[Kliek ...]
[Kliek...]
Baie goeie
animasie met klankbaan. Inaseming en uitaseming word goed geïllustreer.
Regtig die moeite werd om te gebruik.
[Kliek ...]
Een van die
beter animasies om te gebruik om die konsep van gaswisseling tussen die longe
en bloed te illustreer.
[Kliek...]
Goeie animasie
om die slukproses mee te verduidelik. Die werking van die epiglottis
word ook duidelik geïllustreer.
[Kliek...]
Regtig een van
die beter animasies oor die spysverteringstelsel. Die pad van kos deur
die stelsel asook wat daarmee gebeur, word pragtig uitgebeeld. Werking van
ensiemes word uitgewys soos die voedsel beweeg.
[kliek
...]
Goeie animasie
om te sien hoe soutsuur in die maag geneutraliseer word deur die vrystelling
van bikarbonaatione deur die pankreas.
[Kliek ...]

Animasie om peristalse in die sluderm mee te illustreer. [Kliek ...]
Baie goeie
animasie met pragtige klankbaan oor die spysverteringstelsel. Die pad
van voedsel deur die stelsel word hanteer. Die werking van ensiemes word ook
hanteer.
[Kliek ...]
Skitteterende
animasie oor die lewensiklus van die plasmodium-parasiet wat malaria
veroorsaak. Biae goeie klankbaan wat die stadiums verduidelik.
[Kliek...]
Animasie oor die
fases waarin 'n bakteriofaag 'n bakterie binnedring en sy genetiese
materiaal gebruik om nuwe virusse te genereer.
[Kliek ...]
In die animasie word onder
andere gekyk na die verskillende bou en strukture van die bene van die
menslike skelet. Beengroei, gewrigte en die bloedtoevoer na die skelet word
ook hanteer.
[Kliek...]
Goeie animasie
van die menslike skelet. Baie detail word aangedui, onder andere die
streke op die bene self.
[Kliek]
Dié animasies
met hulle klankbane is ideaal om die funksionering van die hart te leer ken.[Kliek...]
[Kliek]
Goeie animasie
om die vloei van bloed deur die hart te sien. Die klop van die hart kan
gehoor word.
[Kliek...]
Animasie wat die
vernouing in are illustreer en wat so aanleiding gee tot hartaanvalle.
[Kliek...]
Animasie van die
hartsiklus met grafiese voorstellings van die EKG en hartklanke.
[Kliek...]
Animasie
met klankbaan om begrip te kweek vir die meet van bloeddruk. Baie goed.
[Kliek]
Animasie wys die
vervoer van water en voeding-stowwe in die plant. Die rol van die xileem en
die floeëm kan duidelik hierin gesien word.
[Kliek...]
Hierdie animasie
wys die werking van die niere en spesifiek die nefron baie goed. Filtrasie
binne die Malpgighi-liggaampie tot die herabsorpsie in die nierbuisies word
goed geïllustreer.
[Kliek...]
Een van die
beste animasies om die struktuur en werking van die nier te illustreer.
Baie goeie klankbaan maak dit regtig die moeite werd om na te kyk.
[Kliek...]
Hier behoort jy
omtrent alles te kan uitvind oor niere en hulle werking. 'n Magdom inligting
is hier op 'n grafiese wyse beskikbaar. Die makroskopiese en mikroskopiese
bou van die niere word hier pragtig vertoon.
[Kliek...]
Ook een van die
beter animasies om die werking van die nefron te illustreer.. Baie
goeie klankbaan om die konsepte te verduidelik.
[Kliek...]
Kyk wat gebeur
in die Bene van Henlé. Klankbaan verduidelik presies watter prosesse hier
plaasvind.
[Kliek...]
ADH speel 'n
geweldige belangrike ol in die herabsorbering van water in die niere.
Hierdie animasie met sy klankbaan verduidelik die werking van die hormoon
baie goed.
[Kliek...]
Skiterende
animasie met klankbaan verduidelik die funksionering van 'n sinaps.
[Kliek...]
Goeie animasie
om die samestelling van 'n DNA-molekuul te bestudeer. Die posisie van
'n geen binne die DNA string kom ook ter sprake.
[Kliek...]
Ingewikkelde, maar doeltreffende animasie van die tran-skripsieproses. [Kliek...]
Animasie wys die
proses van translasie redelik goed. Moeite werd om daarna te kyk.
[Kliek...]
Skitterende
animasie met klankbaan om die verskillende stadiums van meiose mee te
demonstreer.
[Kliek]
Nog
'n uitstekende animasie oor meiose. Goeie klankbaan wat die stadiums baie
goed verdui-delik. Regtig die moeite werd.
[Kliek]
Kyk
ook na hierdie animasie van meiose om die konsep te verstaan. Baie
goeie klank-baan.
[Kliek]
'n Interaktiewe
animasie waarmee Mendel se krui-sings met ertjies bestudeer en selfs beoefen
kan word.
[Kliek..]
Skitterende
animasie met klankbaan oor meiose, waarin oorkruising geïllustreer word.
Regtig die moeite werd om vir die leerders te wys.
[Kliek]
Goeie animasie
om die stadiums van die menstruele sik-lus mee te illustreer.
[Kliek]
Animasie om die manlike geslagsisteem mee te illu-streer.
[Kliek]
Animasie met 'n goeie klankbaan om berip vir die men-strule siklus te kweek.
Daar is ook 'n afdeling waarin die inwendige bou van die vroulike
geslagsisteem sistematies geïllustreer word.
[Kliek]
Skitterende animasie met klankbaan oor die ovariale siklus en menstruasie.
Een van die bestes wat beskik-baar is. Leerder wat n paar keer hierna gekyk
het sal ongetwyfeld die prosesse baie goed verstaan.
[Kliek]
Fantastiese animasie met baie goeie klankbaan om die proses van
spermatogenese te illustreer. 'n Moet vir elke leerder om na te kyk.
[Kliek]
Uitstekende animasie met 'n klankbaan oor die vroulike geslagstelsel.
[Kliek]
Fantastiese animasie met baie goeie klankbaan om die proses van oögenese te
illustreer. 'n Moet vir elke leerder om na te kyk.
[Kliek]
Animasie om spermatogenese en oögenese met mekaar te vergelyk. Baie goeie
klankbaan.
[Kliek]
Pragtige
animasie om die embrioniese ontwikkeling van die fetus binne die uterus te
illustreer.
[Kliek]
Baie
goeie animasie met klankbaan om die ontwikke-ling en gebruik van stamselle
te te verstaan.
[Kliek]
Skitterende
animasie oor in vitro bevrugting. Klank- baan verduidelik die stadiums
baie goed.
[Kliek]