Lede

 

 

My Missie

Met die implementering van die Nasionale Kurrikulumverkla-ring het die onderwyssituasie in  Suid-Afrika drasties ver-ander. Waar die vorige bedeling hoofsaaklik kennisgerig was, is daar in die nuwe stelsel 'n klemverskuiwing na vaardig-heidsaspekte asook bepaalde morele vraagstukke. Om hierdie uitdagings doeltreffend die hoof te bied, verg besondere aan-passings en inisiatief van opvoeders in alle vakgebiede. Verwysingsraamwerke is dikwels nog afwesig.

Hierdie webwerf is 'n poging om met so verwysingsraamwerk te help. Dit beteken onder andere toegang tot vraestelle en memorandums, vakverwante inligting, lesplanne, ensevoorts. Die doel is om met  die verloop van tyd 'n netwerk van kundi-ge onderwysers te vestig wat mekaar kan ondersteun.'n Soort vakvereniging op die internet.

Ook ons leerders oor die land heen sal hieruit voordeel trek. Die deurwerk van ou vraestelle en memorandums was nog altyd een van die effektiefste metodes van leer.