Lesse kan van hierdie webwerf bestel word. 'n Kodewoord en gebrui-kersnaam sal dan per epos aan u versend word. Lesse sal van hier na u rekenaar afgelaai kan word. Volg net die regte bestel-prosedure.
Of skakel 0829203143
Powerpointlesse is so saamgestel dat onder-wysers dit met die reg-te toerusting in hulle klasaanbieding kan gebruik.
Dit is egter ook so saamgestel dat leer-ders dit kan gebruik om hulle voorbereiding vir eksamens te ver-gemaklik. Dit is baie visueel en makliker verstaanbaar as die tradisionele handboek-metode.
Voorbeelde van lesse kan gratis na u reke-naar afgelaai word. Dit sal u 'n idee gee van die omvang van die lesse.
'n
Volledige hoofstuk oor fotosintese. Miskien te
volledig vir wat van die Graad 10 sillabus verwag word, maar eerder te
veel kennis as te min. As jy fotosintese na hierdie aabieding nie
behoorlik verstaan nie, sal jy dit nooit verstaan nie. Die eksperimente
is maklik hierin uiteengesit.
Fotosintese (R60-00)
Dit
wat deur fotosintese opgebou is moet weer in die liggaam tot bruikbare
energie verwerk word. Hierdie hoofstuk behandel die proses in groot
detail. Na hierdie aanbieding sal die proses van sel-respirasie 'n probleem wees nie. Die praktiese eksperimente word ook hierin
vervat.
Selrespirasie (R60-00)
Enige
sel het suurstof nodig vir die verbranding van glukose tydens die
respirasieproses. Die proses waardeur die liggaam hierdie suurstof verkry
word deeglik hier hanteer. So ook die wyses waar-op die liggaam van die
afvalstowwe ontslae raak. Gaswisseling in plante word egter nie in hierdie
aanbieding hanteer nie.
Gaswisseling (R60-00)
Produkte
van fotosintese moet eers deur die lig-gaam opgeneem, verteer en dan
geabsorbeer word voordat dit deur respirasie verder afgebreek kan word. Die
proses van voeding word in hierdie afdeling hanteer. Die ensiemwerking
tydens che-miese vertering word nie van Graad 10-leerlinge verwag om in
detail te ken nie, maar word tog vir volledigheidshalwe bygevoeg in
die les
Voeding (60 - 00)
Die plantkunde, menslike skelet, vervoerstelsels, uitskeiding sowel as die hoofstuk oor mikro-organismes is opgedateer en sluit al die uitkomstes in.
'n Volledige powerpointles oor die vervoer- en ondersteuning in plante. Die meganismes vir die vervoer in plante word ook volledig hanteer. Gedoen volgens die nuwe sillabus. Volledige aantekeninge, in lyn met die powerpoint-aanbieding, is teen 'n addisionele koste van R20-00 beskikbaar.
Vervoer en ondersteuning in plante (R80 - 00)
____________________________________________________________
Hierdie
is 'n baie gedetailleerde aanbieding van die menslike skeletale sisteem.
Alle aspekte wat vir Graad 11 belangrik is, word hierin saamgevat.
Volledige aantekeninge, presies in lyn met die powerpoint-aanbieding, is
ook teen 'n minimale prys beskikbaar. Die aanbieding is regtig visueel,
met talle fotos, x-strale en sketse.
Die menslike skelet. (R80.00)
_____________________________________________________________
'n Baie volledige aanbieding oor die
struktuur, kenmerke en waarde van virusse,
bakterieë, fungusse en protistas. Hier is 'n magdom
inligting wat oor 'n kort tydsverloop op 'n visuele, dus interessante,
manier by leerders tuisgebring kan word. Siektes is hierby ingesluit.
Die les is nuut opgedateer en bestaan uit 168 bladsye. Miskien die beste
poging sover.
Mikro-organismes. (R 100.00)
Hierdie
aanbieding is 'n baie deeglike aanbie-ding van die vevoerstelsels binne
diere, maar ook binne plante. Goeie illustrasies en dus 'n maklik
verstaanbare metode van leer.
Vervoerstelsels (R80.00)
Die afdeling oor uitskeiding is gewoonlik
een van die moeilikste hoofstukke in die sillabus om te bemeester. Hierdie
aanbieding is baie visueel en sal dit baie makliker maak om te verstaan. Die
les is opgedateer en sluit alle uitkomste in. Leerders wat hierdie les op
hulle rekenaars volg, sal geen moeite ondervind om die werk te bemeester nie
Uitskeiding (R 80.00)
Voorbeeld Bestelvorm (R80- 00)
'n
Visuele aanbieding oor DNA, RNA en Proteïen-sintese. Dit is moelike
werk. Onderwysers kan die aanbieding gebruik vir die aanbieding in die
klas of leerders kan dit in die rustigheid van sy huis op die rekenaar
bestudeer. Baie lekkerder en interes-santer as jou handboek.
DNA, RNA en Proteiensintese (R100-00)
Menslike
liggaamselle het normaalweg 46 chromo-some. Dié getal moet egter in
geslagselle gehal-veer word anders sal nageslagte dubbeld die getal
chromosome hê. Hierdie aanbieding maak die konsep van meiose maklik en
interessant.
Meiose (R80 - 00)
Van al die
hoofstukke is genetika waarskynlik vir alle Graad 12-leerders die
grootste uitdaging om te bemeester. Hierdie aanbieding sal ongetwyfeld
daardie uitdaging die hoof bied. Hierdie aanbie-ding is so visueel
geïllustreer dat elke leerder dit behoort te verstaan. Ek dink hierdie is
werklik die moeite werd.
Genetika (R100 - 00)
'n
Deeglik geïllustreerde hoofstuk oor die mens-like voortplantingstelsel.
Feitlik alle konsepte word in detail aangespreek op so wyse dat leer-ders
dit redelik vinnig onder die knie behoort te kry.
Menslike Voortplanting (R100-00)
'n
Gedetailleerde hoofstuk oor die voortplan-tingsmeganismes by plante.
Voortlanting in plante (60-00)
'n Volledige hoofstuk oor die evolusieleer. Konsepte is so ver as
moontlik grafies geïl-lustreer. Leerders kan dit effektief aanwend om
hulleself vir eksamen voor te berei. Ideaal geskik vir onderwysers vir hulle
klasaanbiedings. Dit maak korte mette met 'n moeilike en kontroversiële
hoofstuk.
Biologiese Evolusie (R100-00)