Aanbevole bladsye

Registreer

 

Van

Naam

Epos

Skool

Sluit aan by ons vaknetwerk

Dit is my hoop dat onderwysers landwyd betrokke sal raak by hierdie inisiatief. Die idee is dat onderwysers hulle kennis en vaardighede met mede kollegas sal deel. Dit sluit onder andere in die uitruil van vraestelle,  memorandums, projekte,  werkkaarte, die deelname aan gespreksforums, ensovoorts.

'n Uitgebreide databasis van inligting sal dus mettertyd vanaf die webwerf toeganklik raak vir iedereen, sonder enige onkostes daaraan verbonde. Dit sal ook toeganklik wees vir enige leerder wat sulke materiaal  in hulle voorbereiding vir toetse en eksamens wil gebruik.

Onderwysers kan enige toepaslike materiaal na die genoemde eposaddresse versend. Vandaar sal ek dit op die databasis plaas vanwaar dit toeganklik raak vir enige persoon. Ek sal so ver moontlik erkenning gee vir materiaal wat geplaas word.