SKOOL VIR LEWENSWETENSKAPPE

Dr. Willie Stolk

gallery/dr. willie stolk

Dr. Willie Stolk (PhD)

 

In my 33 jaar as onderwyser in Lewenswetenskappe / Biologie het ek deurgaans gesoek na metodes om die vak so interessant as moontlik aan te bied.  Met die ontwikkeling van tegnologie, soos rekenaars, internet, ens het ek dadelik die geleentheid gesien om die handboek te vervang met iets wat meer visueel en dus ontvanklik is vir die nuwe tegnologiese era waarin ons leerders hulle tans bevind. 

 

My passie vir tegnologiese onderwys het gestalte gevind in 'n reeks Powerpointlesse wat oor verskeie jare ontwikkel is. Die lesse word reeds in talle skole gebruik en die terugvoer was nog altyd positief.