Jou skool vir lewenswetenskappe - Dr Willem Stolk

 

 
Hersieningstoetse en eksamens
Hersieningstoetse en eksamens

UIt dertig jaar se ervaring met Lewenswetenskapleerders het ek lankal besef dat hulle grootste behoefte lê in die be-hoefte na modelvrae en antwoorde. Uiteraard het ek gekyk na stelsels waar leerders hulle bestaande kennisvlakke kon toets met onmiddelike resultate.  Dit het my gebring by aan-lyntoetse- en eksamens waar leerders hulleself herhaaldelik kon toets en in die proses hulle kennis verbeter. Ongelukkig is die subskripsies vir sulke sagteware vir die saamstel van sulke assesseringsopdragte baie duur en kan dit nie altyd gratis beskikbaar gestel word nie.

 GRAAD 10 (Kliek)

 GRAAD 11 (Kliek)

 GRAAD 12 (Kliek)

 
Elektroniese toetse & eksamens - Lees hier
Elektroniese toetse & eksamens - Lees hier

1.   Leerders moet internettoegang hê, want die toetse word aanlyn afgehandel. 

2.   Die slaagsyfer verskil van toets na toets.

3.   'n Leerder het vyf probeerslae (herhalings) om die slaagsyfer te bereik.

4.   'n Sertifikaat word uitgegegee vir leerders wat die slaagsyfer behaal.

5.   Die kostes verbonde aan die toets, word deur die omvang van die toets bepaal.

6.   Volledige resultate, insluitend 'n foutanalise, word onmiddellik na die afneem van die toets aan die       leerder per epos gestuur.

7.   Punte en persentasie  (%) is onmiddellik na die afneem van die toets beskikbaar.

                                                                                                                    Dr. Willem Stolk